die beste instandhouding-inspeksie en skoonmaakdiens vir jou strandhuis!
Ons bied ‘n volledige inspeksie- en skoonmaakdiens aan wat spesifiek gemik is om jou strandhuis te beskerm teen die elemente en die algemene verouderingsproses te vertraag. Ons span van ervare personeel sal die volgende dienste lewer:
- Instandhoudingsinspeksies: Ons sal jou strandhuis op ’n maandelikse basis inspekteer om te verseker dat dit in ‘n goeie toestand is. ‘n Maandelikse volledige eiendomskondisie verslag met fotos sal verskaf word. Ons sal probleme identifiseer en dit aan jou as Eienaar van die eiendom rapporteer, sodat dit opgelos kan word voordat dit erger raak.
- Skoonmaak: Ons sal jou strandhuis 1 keer per maand deeglik skoonmaak en lekker lug gee, want ’n huis wat toe staan is geneig om meer te muf.
- Instandhouding: Ons sal die nodige instandhouding en herstelwerk aan jou strandhuis fasiliteer en toesien dat dit behoorlik gedoen word ten einde dit in ‘n goeie toestand te hou.
’n Strandhuis is ’n groot belegging wat soos enige kosbare item aandag en sorg nodig het. Gemoedsrus is nodig.
Kontak ons vandag nog vir ’n kwotasie om jou strandhuis in ‘n tip-top toestand te hou!

